|
Beroepskeuse begin al op skool.
Die keuse van eerstens `n kursus en later, van `n beroep, is een van die belangrikste lewensbesluite.`n Goeie keuse bring sukses en werksbevrediging, sodat werk `n aangename deel van jou lewe word.
Ons kan jou hiermee help.
In ons benadering tot Beroepsvoorligting fokus ons veral op drie aspekte:
Wat is realisties vir jou? Wat sal jy suksesvol kan doen, of bemeester, of voltooi?
Wat is verstandig? Wat is die werks- of loopbaanmoontlikhede in `n rigting?
Wat is logies vir jou? Wat pas by die tipe mens wat jy is? Waarin sal jy gelukkig wees?
Ons identifiseer jou sterkpunte en soek dan `n rigting waarin hulle gekombineer en ingesluit kan word. Hoe meer sterkpunte ingesluit kan word, hoe beter is die kanse, nie net op sukses nie, maar ook op beroepsbevrediging. |